Mej Garden Route en Klein Karoo Wenners

Mej Garden Route en Klein Karoo Wenners

Mej Garden Route en Klain Karoo wenners
Venessa Niklaus, Marizanne Visser, Stephnay Saayman

George skoonhede maak skoonskip by gala-funksie van die Mej. Garden Route en Klein Karoo-Kompetisie

Drie meisies van George het Saterdagaand skoonskip gemaak tydens die gala-funksie van die Mej Garden Route & Klein Karoo–kompetisie wat by Pinnacle Point Strand- en Gholflandgoed op Mosselbaai gehou is. Die pragtige donkerkop Marizanne Visser (18), ‘n matriekleerling aan die Hoërskool Outeniqua het met die kroon weggeloop. Haar prinsesse is (links) Venessa Niklaus (21) ‘n student aan die Nelson Mandela Metropool Universiteit, wat tweede was en Stephnay Saayman (22) wat as die tweede prinses gekroon is.
m

Marizanne Visser gekroon as Mej. Garden Route en Klein Karoo en ook aangewys  as Mej. Fotogenies

Marizanne is ook as Mej Fotogenies aangewys en Stepnay as Mej Liefdadigheid. Lillian Jonker van Mosselbaai is deur die 12 finaliste as Mej Persoonlikheid gekroon.

Verskillende glans personlikhede  het die gaste by Mej.Garden Route en Klein Karoo vermaak.

‘n Uitstekende produksie, gechoreografeer deur Willie Venter van Huisgenoot Skouspel-faam is rondom die finaliste en kunstenaars, wat Tobi Cronje, Juill Middlekop, George Longane en On Que ingesluit het, gebou.Verskeie glanspersoonlikhede insluitend Wilma van der Bijl (Mej SA 1987), Brumilda van Rensburg, Dieter Voigt (Mnr SA), Natasha Sutherland en Debrah Robertson (Mej Earth 2010 naaswenner) was onder die beoordelaars en gaste.

Die skoonheidskompetisie vorm jaarliks deel van ‘n projek wat daarop gemik is om fondse in te samel vir die mishandelde vroue en kinders in die Suid-Kaap. Vier Veilige Huise in Mosselbaai, Oudtshoorn, George en Knysna vind baat by hierdie projek. Vier finaliste word ook vir elke skuiling gekies op grond van hul groei en ontwikkeling rondom bemagtiging. Die wenner van hierdie kompetisie is ook Saterdgaand aangewys. Sy is Janine Rossouw van Malibongwe Veilige Huis op Oudtshoorn.

Tags: , , , , , , ,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*